Logo alleen - woorde onder middel

RE-GRADE R

Welcome to Kenridge Pre-primary School and thank you for making enquiries about our excellent facilities. We are an independent school, registered with the Western Cape Education Department, offering Gr R and Pre Gr R. We give preference to learners who reside in Kenridge, Durbell, Durbanville Hills, De Bron, Doordekraal, Welgemoed North, Protea Valley, Kanonberg, Welgedacht, Van Riebeeckshof and Oude Westhof.

At Pre-Gr R we cater for learners who turn 5 during the Pre-Gr R year, in a warm, stimulating environment. Learners are encouraged to work at their own pace towards reaching their full potential. By limiting the size of each of these classes, our well-qualified educators are able to give each learner individual attention. Essential life skills are developed through discussion and the opportunity for experimentation and discovery. We continually provide stimulation for the development of fine and gross motor control, visual and auditory perception and body and spatial awareness. We never lose sight of the fact that creativity is more important than the final result. We work from the known to the unknown.

The daily programme includes:

  • Theme related discussion
  • Language and maths concept development
  • A wide range of creative activities
  • Music and movement
  • Construction
  • Fantasy play
  • Perceptual games
  • Stories

The role of play is vital to a child’s social integration and physical development, so our timetable allows sufficient time, both indoors and out, for this.

By developing in the child, a positive self-image, we aim to promote independence, self-confidence and self-sufficiency. We emphasise the social skills of etiquette, friendship, courtesy, empathy, sharing, co-operation and justice. These skills enable our learners to enjoy their Pre-Grade R year.

After school the following optional extra-mural activities are offered by outside professionals:

  • A+Students (Math)
  • Ballet
  • Gymnastics
  • Hip Hop
  • Karate
  • Mozart Music Mouse
  • My Golf Academy (Introduction to Golf)
  • Playball
  • Pottery (Clay Play)
  • Toro Tennis
  • Young Engineers

We have several fundraising activities and social gatherings throughout the year.

The Pre-Gr R year introduces the child to the joy of learning and provides a sound foundation for future education.

Our staff:

Lerisa du Plessis Principal – Pre-Grade R & Grade R
Frances Bosch Teacher – Blue class (Eng)
Jeannine Haskell Teacher – Orange class (Eng)
Riëtha du Plessis Teacher and Grade Head– Green class (Afr)
Christel Alexander Teacher – Yellow class (Afr)
Cassandra Erasmus Physical Education teacher
Robyn Avenant Learning support teacher
Venessa Goodman Pre-primary facilitator
Madelein Gravett Secretary
Danielle Claassen Class assistant
Zoë Dirks Class assistant
Penny John Cleaner
Gugs Phakamile Handyman & gardener

 

We look forward to welcoming you and your child to our school and hope that our association will be happy and productive. We invite all interested parties to make an appointment to view our school (021 975 1163). We look forward to meeting you.

Elke Kind, Elke Kans, Elke dag

Every Child, Every Chance, Every day

_________________________________________

PRE-GRAAD R

Welkom by Pre-primêre Skool Kenridge.  Dankie dat u navraag doen oor ons uitstekende fasiliteite. Ons is ‘n onafhanklike skool wat geregistreer is by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en bied Gr R en Pre-Gr R aan. Voorkeur word verleen aan kinders wat in die volgende areas woonagtig is: Kenridge, Durbell, Durbanville Heuwels, De Bron, Doordekraal, Welgemoed Noord, Proteavallei, Kanonberg, Welgedacht, Van Riebeeckshof en Oude Westhof.

Hier maak ons voorsiening vir leerders wat 5 word in hul Pre-Gr R jaar. Ons omgewing is vriendelik en stimulerend en leerders word aangemoedig om volgens hulle eie potensiaal, binne ‘n bepaalde raamwerk, te ontwikkel en te presteer.

Noodsaaklike lewensvaardighede word ontwikkel deur middel van besprekings en geleenthede om te ontdek en te eksperimenteer. Ons verskaf deurlopende stimulasie vir die ontwikkeling van fyn en groot motoriek, visuele- en ouditiewe persepsie en om fisiese en ruimtelike oriënteringsbewustheid vas te lê.

Ons hou altyd in gedagte dat kreatiwiteit (die daad) belangriker is as die eindproduk. Ons werk van die bekende na die onbekende.

Die leerders is elke dag betrokke by:

  • ‘n Tema-bespreking
  • Taal en wiskundige konsep ontwikkeling
  • ‘n Wye reeks kreatiewe aktiwiteite
  • Musiek en beweging
  • Konstruksie en verbeeldingspel
  • Opvoedkundige speletjies en legkaarte
  • Stories

Die rol van spel is van kardinale belang vir kinders se sosiale interaksie sowel as fisiese ontwikkeling, daarom maak ons rooster ook daarvoor voorsiening.

Deur die leerders aan te moedig om alles vir hul self te doen, ontwikkel hulle ‘n positiewe selfbeeld en is dit ons doel om onafhanklikheid, selfvertroue en selfstandigheid aan te moedig. Ons lê klem op sosiale vaardighede wat etiket, vriendskap, bedagsaamheid, empatie, mededeelsaamheid, hulpvaardigheid en regverdigheid insluit. Hierdie basiese vaardighede maak dit vir ons leerders moontlik om hul Pre-Gr R jaar ten volle te geniet.

Na skool word verskeie opsionele buitemuurse aktiwiteite deur professionele persone aangebied, naamlik:

  • A+Students (Wiskunde)
  • Ballet
  • Gimnastiek
  • Hip Hop
  • Karate
  • Mozart Musiek Muis
  • My Golf Academy (Introduction to Golf)
  • Playball
  • Pottery (Clay Play)
  • Tiny Toro Tennis
  • Young Engineers

Ons het verskeie sosiale- en fondsinsamelingsprojekte gedurende die jaar.

Pre-Gr R is die wegspringblokke vir die leerders se skoolloopbaan. Ons laat hulle die genot daarvan ervaar om kennis te verwerf en bied hulle ‘n goeie grondslag vir die toekoms.

Ons personeel:

Lerisa du Plessis Skoolhoof – Pre-Graad R & Graad R
Frances Bosch Onderwyseres – Blouklas (Eng)
Jeannine Haskell Onderwyseres – Oranjeklas (Eng)
Riëtha du Plessis Graadhoof en Onderwyseres – Groen klas (Afr)
Christel Alexander Onderwyseres – Geelklas (Afr)
Cassandra Erasmus Liggaamlike Opvoeding onderwyseres
Robyn Avenant Leerondersteuning
Venessa Goodman Pre-primêre fasiliteerder
Madelein Gravett Sekretaresse
Danielle Claassen Klas-assistent
Zoë Dirks Klas-assistent
Penny John Skoonmaker
Gugs Phakamile Nutsman & tuinier

 

Ons nooi u vriendelik uit om ’n afspraak te maak om ons skool te besoek (021 975 1163). Ons sien uit daarna om u te verwelkom en om dit die begin van ‘n gelukkige en produktiewe toekoms te maak.

Elke Kind, Elke Kans, Elke dag

Every Child, Every Chance, Every day

____________________________________________

 

____________________________________________